Drie kinders brand op plaas dood

Drie kinders het Maandagoggend op ʼn plaas naby Dealsville in die Vrystaat dood gebrand.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, het aan Maroela Media gesê inligting is nog skaars. “Die brandweer en paramedici is net ná middernag ontbied. Met hul aankoms het die huis in ligte laaie gestaan, maar die brandweer kon gou die brand onder beheer gebring. Die drie kinders verkoolde liggame is tussen die puin gevind. Dit is nog nie bekend waar die ouers tydens die voorval was nie,” het Botha gesê.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.