Drie kinders dood in brand

Argieffoto

Drie kinders het Dinsdag in die vroeë oggendure in Germiston, oos van Johannesburg, doodgebrand.

Volgens William Ntladi, ʼn woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, het die plakkershuis aan die brand geraak terwyl die kinders, hul ma en ouma geslaap het.

“Die ma en ouma kon daarin slaag om van die brandende plakkershut weg te kom. Hulle moes vir rookinaseming behandel word,” het Ntladi gesê.

Daar word vermoed die brand het ontstaan as gevolg van ʼn kers en ʼn klein paraffienstofie wat deur die nag gebrand het.

Twee ander plakkershuise is ook deur die brand verwoes.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.