Drie kinders raakgery

Argieffoto. Foto: Netcare911

Drie seuns, tussen die ouderdom van agt en 10 jaar oud, is kritiek beseer nadat ʼn voertuig Sondag naby Springs in hulle vasgery het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die voorval het laatmiddag in Barwastraat, Kwa-Thema, plaasgevind. “Die polisie is nog besig om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek. Paramedici het die kinders op die grond aangetref. Hulle het verskeie kritieke beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na nabygeleë hospitale geneem vir mediese behandeling. Twee van die drie seuns is boeties,” het Steinmann gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.