Drie kinders, ses onderwysers sterf in Vrystaat-botsing

Drie kinders en ses onderwysers is dood nadat die bus waarin hulle gery het Maandagoggend teen ‘n vragmotor en nog ‘n ander motor gebots het buite Harrismith in die Vrystaat.

‘n Polisiewoordvoerder, sers. Mmako Mophiring, sê ʼn verdere 48 mense, waaronder die vragmotorbestuurder sowel as die bestuurder van die ander motor, is in die ongeluk beseer. Hy sê die bus het omstreeks 00:45 Maandagoggend, terwyl dit onderweg was van Spruitview in Gauteng na KwaZulu-Natal, teen die vragmotor en ander motor gebots op die N3 buite Harrismith. Die ouderdomme van die kinders is nog nie bekend nie. Dit is ook nog nie duidelik van watter skool hulle is nie. Verlede maand is nege onderwysers dood nadat die minibus waarin hulle gery het buite Zeerust in Noordwes teen ʼn bakkie gebots het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.