Drie kinders slagoffers van bendegeweld

Drie kinders is in kruisvuur gewond na bendegeweld Woensdagaand in Kaapstad uitgebreek het.

Kaptein Frederick van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het in Manenberg plaasgevind.

“’n 3-jarige seun is in sy regterhand geskiet en twee 12-jarige meisies is in hul bene geskiet. Hulle was besig om buite hul huis in Lansman Walk te speel,” het hy gesê. Al drie kinders is in die hospitaal opgeneem.

Na wat verneem word, het die bendes, The Americans en Hard Livings, op mekaar losgetrek na ʼn vredesooreenkoms verbreek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.