Drie kinders sterf in botsing

Drie kinders is dood en drie mense beseer nadat twee voertuie Saterdag reg van voor naby Kliprivier gebots het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê die ongeluk het op die R550-pad plaasgevind. “Albei voertuie is afgeskryf. Van die slagoffers, waaronder twee van die kinders, is uit die voertuie geslinger en is op slag dood. Die ander kind was in die voertuig vasgekeer en is op die toneel dood verklaar,” het Botha gesê. Die slagoffers is twee dogtertjies, onderskeidelik 5 en 9 jaar oud, en ʼn 3-jarige seuntjie.

Een persoon is baie ernstig beseer, en twee ernstig. Hulle is op die toneel gestabiliseer en vir verdere behandeling na nabygeleë hospitale geneem. Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie en die voorval word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.