Drie kinders sterf in brand

Tanya Jordaan. Foto's: Beeld

Drie kinders het Sondagoggend in ʼn huisbrand in Randfontein omgekom.

Beeld berig Jaco Jordaan en sy vrou, Suzie, deel hul woning met sy voormalige vrou, Nicolene, en haar huidige man, Tommy Dickson. Al vier die volwassenes en ses van hul kinders het Sondag in dié huis geslaap toe ’n brand omstreeks 05:00 uitgebreek het.

Salome Jordaan

Salome Jordaan (11), Tanya Jordaan (4), en Armand Dickson (3) het in die brand omgekom. Jacques Jordaan (3) en Thomas Dickson (9 maande) het oorleef.

Kallie Hoffman, wat in ’n buitekamer op die erf woon, vertel hy het vroegoggend van die 14-jarige Adri Jordaan se hulpkrete wakker geword. Hy het na haar kamervenster gehardloop, die diefwering losgeruk en haar uit die brandende kamer gepluk. Sy is in ’n kritieke toestand in die Leratong-hospitaal opgeneem.

Armand Dickson

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Riekie van Tonder ·

My hart is seer,dis my niggie se kindertjies daardie nig al is ek ver van jou af my hart gaan uit vir jou,jacko en Tommie,weet God hou jou styf vas en al is daar geen woorde om jou te vertroos weet jy was di beste mamma ooit en God sal ni vir Adrie ook vat Hy sal haar volkome genees,ek weet nie wat om te se ek het nie woorde want niks wat gese word gaan jou pyn wegvat maar weet julle is in my gebede. So Lief vir jou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.