Drie kinders is in die hospitaal opgeneem en vir rookinaseming behandel nadat die huis waarin hulle was aan die brand geraak het in Nellmapius in Pretoria.
ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Jan Sepato, sê die kinders wat onderskeidelik nege, vyf en drie jaar oud is, is deur bure uit die brandende huis gered. Hy sê die kinders was alleen in die huis toe die brand uitgebreek het. Dit is nog nie duidelik was die brand veroorsaak het nie. Die polisie ondersoek die saak.