Drie kinders verdrink in rivier in Mpumalanga

Drie kinders het in Balfour in Mpumalanga verdrink nadat hulle ʼn rivier probeer oorsteek het onderweg huis toe van hulle skool af.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt kol Leonard Hlathi, sê die drie meisies, een vyf jaar oud en die ander twee sewe jaar oud, het Woensdag in die rivier verdrink. ʼn 10-jarige seun wat saam met die meisies huis toe geloop het, het gesien hulle het in die moeilikheid beland en hulp gaan soek. Die meisies was egter reeds deur die rivier meegesleur toe hulp opgedaag het. Hlathi sê die rivier het steeds sterk gevloei na die onlangse swaar reën in die provinsie. Die drie meisies se liggame is Donderdag deur polisieduikers uit die rivier gehaal nadat ʼn boer in die omgewing die vorige dag op twee van die liggame afgekom het. Hlathi sê ʼn totaal van tien kinders, almal meisies, het die afgelope twee weke in die provinsie verdrink.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.