Drie kinders verdrink in Knysna-strandmeer

Argieffoto

Argieffoto

Drie kinders het Donderdag in die strandmeer by Leisure Isle in Knysna in die Wes-Kaap verdrink.

“Die drie kinders, tussen 12 en 13 jaar oud, het omstreeks 12:30 in die strandmeer geswem,” het Christo Venter, woordvoerder van ER24, gesê. “Hulle is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.”

Die strandmeer is glo bekend vir sy sterk sleurstrome. “Die kinders was vermoedelik vir ʼn geruime tyd in die water voordat hulle opgespoor is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trippie ·

Baie tragies inderdaad – maar ek wil ook vra, waar was die ouers ? Nie eers volwassenes is veilig in sulke toestande nie. RIV

Justi ·

Dit is hartseer. Waarom is daar geen toesig nie? Weet die ouers ooit waar hul kinders oorals rondloop of aanvang?
Toegegee, kinders is stoutertjies wat nie altyd die waarheid praat oor waar hulle heengaan of gaan doen nie.
Sterkte aan die ouers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.