Drie kry lewenslank vir boer se moord

Thomas Ferreira

Drie mans is Donderdag lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op Thomas Ferreira (54), ʼn boer en die mede-eienaar van Tom’s Place-vulstasie buite Bloemfontein.

Hendrik van Schalkwyk (35), Rodger Siyale (35) en Gilford Mahlakamatsa (40) het Ferreira in November 2011 tydens ʼn rooftog op sy plaas, Riversford, doodgeskiet. Hy is vasgebind en twee keer in die bors geskiet. Die verdagtes is Woensdag in die Vrystaatse hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op Ferreira. Sers. Fikiswa Matoti, ʼn polisiewoordvoerder, sê Van Schalkwyk, Siyale en Mahlakamatsa is lewenslange tronkstraf opgelê vir moord en ʼn verdere 15 jaar tronkstraf opgelê vir roof met verswarende omstandighede. Mahlakamatsa is ʼn bykomende 15 jaar tronkstraf opgelê  vir die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

ʼn Vierde verdagte, Patric Mabula, het ʼn staatsgetuie geword en aanklagte teen hom is teruggetrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.