Drie “lede” van blouligbende vas

Drie vermeende lede van ʼn sogenaamde blouligbende is gister weer in hegtenis geneem nadat hulle in die hof verskyn het.

Beeld berig die drie verdagtes, wat tussen 30 en 55 jaar oud is, is gister weer in hegtenis geneem op onder meer aanklagte van moord, gewapende roof en poging tot moord. Die verdagtes is tydens ʼn vorige verskyning in die Bronkhorstspruit-landdroshof op borg vrygelaat. Hulle is gister in hegtenis geneem nadat hulle weer in die hof verskyn het. Lede van die provinsiale ondersoekeenheid van die polisie het hulle na die woonplek, wat een van hulle in hul borgtogaansoeke as adres opgegee het, geneem om dié blyplek te bevestig. Daar is beslag gelê op vier voertuie wat vermoedelik in misdaadtogte gebruik is, polisie-glimbaadjies, ’n polisiekenteken, -pet, -boeie, twee Vector-pistole en ’n 765-pistool. Daar was ook 153 R5-patrone in een van die voertuie gekry. Hulle verskyn Vrydag in die Pretoriase landdroshof.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.