Drie lyke uit duikboot verwyder

Duikers in Indië het die liggame van drie van die 18 bemanningslede uit ‘n Indiese duikboot, wat in sy basis in Moembai deur twee ontploffings geskud is, verwyder.

Die ontploffings het glo in die duikboot se torpedokamer plaasgevind. Volgens die reddingspan het die ander 15 bemanningslede, te oordeel aan die toestand van die drie lyke wat reeds uitgehaal is, in alle waarskynlikheid ook omgekom. Die drie lyke se identiteit sal deur DNS-toetse bepaal word.

Die duikboot, die INS Sindhurakshak, is in Rusland vervaardig en was 16 jaar oud. Dit het onlangs nog in Rusland versieningswerk ondergaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.