Drie mans in knyp ná walvis op boot land

Argieffoto

Albertus Myburgh (41), Wouter van Heerden (25) en kaptein Rodney van der Mecht (35), het ʼn noue ontkoming gehad nadat ʼn walvis Maandagaand op hul boot beland het.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) sê die voorval het omstreeks 18:00 sowat een seemyl vanaf die kus by Noordhoek naby Port Elizabeth plaasgevind.

Volgens Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, het ʼn bultrugwalvis glo voor die mans se rubberboot uit die water gespring en op die boot geland waarna die mans van die boot geslinger is en die boot omgeslaan het. Na ʼn lang gespook kon die mans dit regkry om die boot weer om te keer en kon eers omstreeks 18:45 hulp ontbied.

Myburgh het ernstige beserings opgedoen, maar sterk in die hospitaal aan. Van Heerden het geringe beserings opgedoen en is ook hospitaal toe geneem. Van der Mecht het geringe beserings opgedoen maar wou nie in die hospitaal opgeneem word nie.

Die rubberboot, wat erg beskadig is, is na die kus gesleep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

OompieKedoompie ·

Wat ‘n noue ontkoming, maar wat ‘n lekker storie om rondom ‘n kampvuur oor te vertel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.