Drie mans in Noordwes vermoor

Drie mense is die naweek in verskillende voorvalle in Noordwes vermoor.

Lt.kol. Lesego Metsi, woordvoerder van die polisie, sê in die eerste voorval is Titus Rammekwa (31) Vrydagaand deur agt mans aangeval buite ʼn kroeg in Ventersdorp. “Die oorledene het van die toneel gevlug maar is deur die agt mans agternagesit waarna een van die mans hom met ʼn mes doodgesteek het.” Rammekwa is op die toneel dood en die agt mans is in hegtenis geneem en sal na verwagting Maandag in die Ventersdorp-landdroshof verskyn. In Rustenburg is die liggaam van Zukile Mlotywa Vrydagaand in die straat gevind deur ʼn verbyganger. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Petrus Lefallo se liggaam is Saterdagoggend in ʼn straat in Zeerust gevind. “Die motief vir sy moord is nog nie bekend nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek die saak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.