Drie mans tydens rooftog doodgeskiet

Drie mans is Donderdagaand naby Welkom in die Vrystaat tydens ʼn rooftog teregstellingstyl doodgeskiet.

Sers. Mamello Macheoane, ʼn polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê vyf mans was onderweg om skrootmetaal by ʼn myn naby Welkom te gaan haal toe twee gewapende mans hulle genader het. “Die verdagtes het die vyf mans beveel om op die grond te lê en het op geld aangedring. Hulle het nie geld gehad om te oorhandig nie. Drie mans is daarna elk in hul agterkop geskiet,” het Macheoane gesê.

Twee van die mans kon daarin slaag om weg te hardloop, maar een is geskiet en kritiek gewond. Hy is later na ʼn hospitaal in Bloemfontein geneem.

Die polisie het ʼn R50 000 beloning aangebied vir inligting wat tot die inhegtenisname en suksesvolle vervolging van die verdagtes kan lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

E J Otto ·

Blatante moord! uhuh! Nee man hulle was honger en het nie werk nie Dis apartheid se skuld ! ….. Huh is mos!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.