Drie mans Woensdag in hof na hulle glo bejaarde aanrand, dogter verkrag

Drie mans sal na verwagting Woensdag in die Oos-Londen landdroshof verskyn nadat hulle na bewering by ʼn huis ingebreek het en ʼn vrou verkrag het.

Volgens ʼn polisiewoordvoerder, lt. Kol. Mtati Tana, het die drie mans, tussen die ouderdomme van 19 en 21, Sondagoggend by die plaashuis in Beacon Bay naby Oos-Londen ingebreek. Tana sê die mans het na bewering ʼn 72-jarige vrou wat in die huis woon aangerand en juweliersware, ʼn digitale kamera, ʼn selfoon en kos gesteel. Toe die mans die huis verlaat het, het hulle gesien hoe ʼn motor glo die vrou se dogter afgelaai het. Die mans het weggekruip totdat die motor weggery het waarna hulle glo die dogter gegryp het en na ʼn nabygeleë bos gesleep en verkrag het. Die drie mans is in die Ducats informele nedersetting in hegtenis geneem waar die gesteelde goedere teruggevind is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.