Drie mense beseer in treinongeluk

Die foto is deur @MedixGauteng op Twitter gelaai.

Drie mense is beseer nadat ʼn trein Woensdagmiddag ʼn oorhoofse elektriese balk buite Kempton Park-treinstasie getref het.

Lilian Mofokeng, woordvoerder van Metrorail, sê ʼn swaardiensmasjien het langs die treinspoor slote gegrawe vir ʼn veselkabel wat veroorsaak het dat die oorhoofse balk afgeruk is en die trein daarteen gebots het. Mofokeng sê treindienste tussen Pretoria en Johannesburg is intussen opgeskort. Tembela Kulu, Metrorail se provinsiale bestuurder, sê tegniese spanne ondersoek verskeie strategieë om treindienste so gou as moontlik weer reg te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.