Drie mense doodgeskiet tydens onwettige staking

Drie mense is Woensdag doodgeskiet en 15 beseer tydens ʼn onwettige staking buite ʼn myn in Boitekong, buite Rustenburg, in Noordwes.

Brig. Thulani Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder, sê sowat 250 mynwerkers, wat reeds vir die afgelope twee weke aan ʼn onwettige staking deelneem, het Woensdagmiddag buite die K5 Khwezi-myn bymekaargekom. “Die stakers en veiligheidwagte het slaags geraak. Skote is afgevuur en drie mense is dood en 15 beseer.” Hy sê die situasie het intussen na normaal teruggekeer en die polisie monitor die gebied. Geen verdere besonderhede was onmiddellik beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.