Drie mense uit Noordwes-vloede gered

Argieffoto

Argieffoto

Drie mense is Donderdag vanaf hul voertuie se dakke gered nadat vloedwater in Noordwes die voertuie meegesleur het.

Volgens Thandi Modise, die premier van Noordwes, het die Morokweng-omgewing sedert Donderdagoggend swaar reënval gehad. Dit het veroorsaak dat verskeie hoofroetes wat Morokweng met naburige gebiede verbind, oorstroom het. Gebiede wat deur vloede geraak word, is Tseoge, Bonabona, Pomfret, Vosterhoop, Morokwaneng en Tosca.

Volgens Modise is dit byna onmoontlik om tussen dié gebiede te reis.

“Die distrik se rampbestuursentrum hou die situasie noukeurig dop. Indien nodig sal ons die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag versoek om te help om met helikopters by gemeenskappe uit te kom wat in verafgeleë gebiede vasgekeer is,” het Modise gesê. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elize Mans ·

Ag dankieVader vir die reen.Wat so mooi geval het.Hoop dat die droogte gebreek is.

Sonja ·

Ok, weet nie waar enige van daai plekke is nie en ek is van Noordwes. Is dit nou die nuwe name van plekke?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.