Drie Nigeriërs met dwelms betrap

Drie Nigeriërs is Vrydag in Johannesburg in hegenis geneem nadat dwelms in hul besit gevind is.

Hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê die polisie het ʼn klopjag op die verdagtes se huis in Noordwyk uitgevoer nadat hulle ʼn wenk van die publiek ontvang het dat daar dwelms verkoop word.

Die polisie het beslag gelê op 44 sakkies kokaïen. Dit het ʼn geraamde straatwaarde van R38 000. Die verdagtes gaan binnekort in die Midrand-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.