Drie pleit skuldig aan Muldersdrift-moorde

Alyssa Botha

Alyssa Botha

Drie mans wat daarvan aangekla word dat hulle Alyssa Botha (13) en André Jordaan (50) verlede jaar in Muldersdrift vermoor het, het Maandag skuldig gepleit op dié moorde asook ʼn reeks misdrywe in die gebied.

Alfred Zwane (27), Samson Mandlezi (23) en Manir Lubisi (27) het in die Johannesburgse hooggeregshof skuldig gepleit op nege van die 10 aanklagte teen hulle, het The Star Dinsdag berig.

Die drie het Botha verlede jaar op 5 September voor haar 17-jarige suster Meghan, en pa Anton, doodgeskiet. Anton is in die aanval beseer. Jordaan is op 13 September by sy huis doodgeskiet.

Die ander kriminele misdrywe waarop hulle skuldig gepleit het, is diefstal, poging tot moord, aanranding en huisbraak. Die drie het gewoonlik op hul slagoffers toegeslaan as hulle by hul huis aangekom het, of reeds in die huis was.

Die drie is op 14 September in hegtenis geneem nadat hulle gevang is toe hulle langs Beyers Naudeweg geslaap het.

Die verhoor duur voort.

– SAPA

Lees ook:
Muldersdrift-aanval eis jong man
Nog ʼn moord in Muldersdrift
SAPD sê Muldersdrift is “redelik stil”
Muldersdrift-misdaad eis nog ʼn lewe
Nog ʼn Muldersdrift-inwoner doodgeskiet
Nóg ʼn aanval in Muldersdrift
‘Muldersdrift’-bende in die hof
Vyf vas oor gewelddadige misdade in Muldersdrift
Rowers ontvoer Muldersdrift-man
Muldersdrift-inwoners leef “in vrees”
Man vas na hoewe-aanval in Muldersdrift
Nóg ’n man vermoor in Muldersdrift
“My pa was ʼn held wat ons almal opgepas het”
Muldersdrift-slagoffer sterf
Krugersdorp-skoolmeisie sterf tydens rooftog

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sophie Nel ·

And the family had to read about this development it in a newspaper!!!!!??? Really, could the prosecutor or somebody not have bothered to tell them??? RIP Lyssa, gone but not forgotten….

Dinknet ·

So hartseer dat pragtige jong lewens so sinneloos kortgeknip word!

Jasper ·

Dan wil party mense op hierdie forum eiertjies kom lê oor rowwe kommentare ? Sulke dade en mense kan nie behoorlik beskryf word nie. Hulle verdien om minagtend op n Dorpsplein met klippe dood gegooi te word.
@ Waaksaam, ek stem. Waar is al die wigte en teenwigte nou?

Waaksaam ·

netso ! …. en dan kry ons die waarskuwing ook van:

Maroela Media hou van ‘n lekker warm debat en wil aan alle kuiermense die geleentheid gee om hul mening te lug. Ons sal egter geen rassisme, seksisme, homofobie, ander vorms van haatspraak of kru, kras en vuil taal duld nie. Maroela Media behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder. Moenie die oom of tannie in die familie wees van wie niemand hou nie.

ja-ja ! laat my dink aan die ander koerante wat ook nie die waarheid wil laat hoor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.