Vyf mans wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen is, is Vrydag in Edenvale aan die Oos-Rand in hegtenis geneem.
Volgens ʼn polisiewoordvoerder het hulle ʼn voertuig wat sonder nommerplate rondgery het agtervolg en drie verdagtes vasgetrek. Na wat verneem word, is ongelisensieerde vuurwapens in hul besit gekry. Hulle bly in aanhouding totdat hulle Dinsdag in die hof in Germiston gaan verskyn.