Drie “polisiemanne” vas

‘n Bende, wat hulleself as polisiebeamptes, voordoen teiken tans die Oos-Rand en die noordelike voorstede van Johannesburg. Foto: fitsnews.com

Vyf mans wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen is, is Vrydag in Edenvale aan die Oos-Rand in hegtenis geneem.

Volgens ʼn polisiewoordvoerder het hulle ʼn voertuig wat sonder nommerplate rondgery het agtervolg en drie verdagtes vasgetrek. Na wat verneem word, is ongelisensieerde vuurwapens in hul besit gekry. Hulle bly in aanhouding totdat hulle Dinsdag in die hof in Germiston gaan verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.