Drie “Rambo Squad”-lede vas

Argieffoto.

Drie polisiekonstabels, wat glo deel is van die sogenaamde “Rabmo Squad”, is in Ficksburg in hegtenis geneem nadat hulle glo inwoners aangerand het, het die Onafhanklike Polisieondersoekdirek­toraat (Opod) Dinsdag gesê.

Moses Dlamini, die woordvoerder van Opod, het gesê die beamptes is Dinsdagoggend in hegtenis geneem en behoort binnekort in die hof te verskyn, waarna hul name bekend gemaak kan word.

Hulle het na bewering oor die naweek van 10 Augustus inwoners van Ficksburg en Meqheleng aangerand.

Een van die slagoffers, ʼn vrou, is vermoedelik deur ʼn polisievoertuig omgery.

Opod ondersoek ʼn saak van poging tot moord, in plaas van ʼn saak van roekelose of nalatige bestuur wat aanvanklik deur die polisie oopgemaak is.

Dlamini sê Opod is op 14 Augustus van die insidente in kennis gestel en het dit dadelik ondersoek. “Die ondersoek het genoegsame bewyse gevind dat die betrokke konstabels in hegtenis geneem kan word,” het Dlamini gesê.

Dlamini se voorts dat verdere inhegtenisnames verwag kan word.

Lees ook: 

Video: “Rambo Squad”-slagoffers praat

“Rambo Squad” van Ficksburg word ondersoek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Trippie ·

Rambo sal teleurgesteld wees as hy hoor die rang is “konstabel” !

Dis reg, ons wil weet wie is hulle – name them and shame them (of hoe sê ek Ivor).

Peter Vonk ·

n Groot deel van die polisie lede is niks anders as “gangsters” Dit is die waarheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.