ʼn Woordvoerder van die Valke, McIntosh Polela, sê die karkas van ʼn witrenosterbul is by die Letaba-reservaat tussen Tzaneen en Phalaborwa gevind. Hy sê die renoster is glo sowat ʼn week gelede doodgemaak en sy horing is verwyder. Polela sê die renosterbul is agter sy regteroor geskiet. Intussen is die karkasse van twee dragtige witrenosterkoeie by Hannah Lodge in Ohrigstad gevind. Die renosterkoeie is verskeie klere geskiet maar hulle horings is nie verwyder nie. Polela sê die stropers is moontlik deur iets gepla en het hulle sonder die horings gevlug. Die Valke ondersoek beide sake.
Drie renosterkarkasse in Limpopo gevind
Drie renosterkarkasse is die afgelope paar dae in Limpopo gevind.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.