Drie renosters dood na hulle vasval

IMG_0309-320x17911112Drie renosters is dood nadat hulle in modder in die Sandveld-natuurreservaat in die Vrystaat vasgeval het.

Kgotso Tau, woordvoerder van die departement van omgewingsake, sê die renosters het vasgeval toe hulle gaan water drink het. Tau sê die renosters is op 20 Augustus deur veldwagters gevind. Hy sê die diere het ernstige spierbeserings opgedoen weens hulle gespook in die modder. Die renosters is uit die modder verwyder en een van hulle is die volgende dag dood. Hy sê die ander twee renosters is onderskeidelik op 22 Augustus en 25 Augustus dood. Tau sê ʼn vierde renoster wat ook uit die modder gered is, het oorleef. Hy sê die diere se horings sal op ʼn veilige plek bewaar word, soos wat deur die wet vereis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

hl ·

Hoe op aarde kom hulle eers so lank na die tyd agter die renosters is nie so aktief soos hulle moet wees nie? Mens sou nou juis dink hulle hou ‘n skerp oog op hulle met al die stropery. Onvergeeflik!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.