Drie renosters van hul horings gestroop

Foto: www.rhinoconservation.org

Drie renosters is in die Kariega-natuurreservaat naby Kenton-On-Sea in die Oos-Kaap van hul horings gestroop.

ʼn Woordvoerder van die Valke, McIntosh Polela, sê wildbewaarders het Vrydagoggend op die drie renosters afgekom terwyl hulle gepatrolleer het. Die polisie en veeartse is ontbied. Een van die renosters het gevrek terwyl die ander twee in ʼn kritieke toestand is en tans deur veeartse behandel word. Die polisie ondersoek die saak. Die Kariega-natuurreservaat beslaan sowat 9000 ha.

Die voorval kom net dae nadat vier SANParke-beamptes in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem is nadat hulle glo twee witrenosters vir hulle horings doodgemaak het. Hulle het Donderdag in die Witrivier landdroshof in Mpumalanga verskyn en die saak is tot 8 Maart uitgestel wanneer hulle om borg sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.