Drie ‘renosterstropers’ doodgeskiet

Foto: Moira-Marie Kloppers

Drie vermeende renosterstropers is Woensdagaand deur wildbewaarders in die Krugerwildtuin doodgeskiet.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê die wildbewaarders het omstreeks 18:00 Woensdagaand geweerskote gehoor. “Hulle het drie Mosambiekse mans, in hulle 20’s, gevind en ʼn skietgeveg het uitgebreek.” Die drie vermeende renosterstropers is doodgeskiet. Ramaloko sê die wildbewaarders is nie in die skietgeveg beseer nie. ʼn Jaggeweer en ammunisie is op die toneel gevind. Ramaloko sê die wildbewaarders kon egter nie ʼn dooie of gewonde renoster vind nie maar bly op die uitkyk.

Die departement van omgewingsake het intussen bekend gemaak dat 188 renosters reeds vanjaar vir hul horings doodgemaak is. Albi Modise, woordvoerder van die departement, sê 135 renosters is reeds in die wildtuin gestroop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gawie Botha ·

Saluut! ,ek het mos daai ding gese:,”Dit is hoe dit gedoen moet word”! Baie geluk met uitstekende veldwerk,en opsporing!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.