Vyf mans is Saterdag in Bramley, Johannesburg ná ‘n rooftog wat tot ‘n hoëspoedjaagtog en skietgeveg gelei het.
“Die polisie was glo betrokke in ‘n hoëspoedjaagtog en skietery,” het lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. Mogale sê die jaagtog het in ‘n ongeluk geëindig waar ‘n polisiebeampte beseer is. “Hy is na ‘n hospitaal geneem en is in ‘n stabiele toestand. Die polisie het beslag gelê op drie vuurwapens, ‘n aanvalsgeweer, twee pistole en juwele.”
Mogale sê die mans sal binnekort op aanklag van poging tot moord, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie en die besit van vermoedelik gesteelde goedere in die Randburgse landdroshof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
dit is reg vang die gemors al die rowers en midadigers moet op n eiland afgelaai word omring deur honger krokodille en haaie