Drie mans wat verdink word van ʼn reeks voorvalle waar fietsryers aan die Oos-Rand die afgelope tyd beroof is, is Dinsdag in hegtenis geneem.
Lt.kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, sê die verdagtes is in die Sethokga-hostel in Tembisa aangekeer.
Dlamini het gesê die mans word moontlik verbind met ʼn onlangse aanval waar ʼn vrou ook al om die beurt verkrag is. Maroela Media het vroeër berig die vrou (26) en haar broer (31) is aangeval toe hulle in Glen Marais gaan fietsry het. Die verdagtes het hulle oorrompel toe hulle onderdeur ʼn brug van die R21-deurpad gery het. Lees meer hier.
“Die mans word verbind met tien ander voorvalle waar fietsryers in die omgewing beroof is,” het Dlamini bygevoeg.
Die polisie het beslag gelê op ʼn vuurwapen, ʼn fiets en selfoon. Daar word vermoed die ander buit is reeds verkoop.
Die verdagtes moet Woensdag in die Kemptonparkse landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting, gewapende roof, aanranding, die besit van vermeende gesteelde goedere en die besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie.
Hang die vloeke!