Drie rowers vas wat fietsryers aan Oos-Rand teister

Drie mans wat verdink word van ʼn reeks voorvalle waar fietsryers aan die Oos-Rand die afgelope tyd beroof is, is Dinsdag in hegtenis geneem.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, sê die verdagtes is in die Sethokga-hostel in Tembisa aangekeer.

Dlamini het gesê die mans word moontlik verbind met ʼn onlangse aanval waar ʼn vrou ook al om die beurt verkrag is. Maroela Media het vroeër berig die vrou (26) en haar broer (31) is aangeval toe hulle in Glen Marais gaan fietsry het. Die verdagtes het hulle oorrompel toe hulle onderdeur ʼn brug van die R21-deurpad gery het. Lees meer hier.

“Die mans word verbind met tien ander voorvalle waar fietsryers in die omgewing beroof is,” het Dlamini bygevoeg.

Die polisie het beslag gelê op ʼn vuurwapen, ʼn fiets en selfoon. Daar word vermoed die ander buit is reeds verkoop.

Die verdagtes moet Woensdag in die Kemptonparkse landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting, gewapende roof, aanranding, die besit van vermeende gesteelde goedere en die besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.