Drie SA vroue vas in buiteland oor dwelmhandel

Drie Suid-Afrikaanse vrou is glo die afgelope week in die buiteland vir dwelmhandel in hegtenis geneem.

Die New Age berig dat ʼn jong Suid-Afrikaanse vrou op die Harare Internasionale Lughawe in Zimbabwe in hegtenis geneem nadat daar glo twee kilogram kokaïne in haar besit gevind is. Sy sal na verwagting Donderdag in ʼn Zimbabwiese hof verskyn. Sy het glo op 15 Desember van Johannesburg na Indië vertrek. Sy het van Indië na Zimbabwe gevlieg toe sy vasgetrek is. Intussen is nog ʼn Suid-Afrikaanse vrou Saterdagaand in Mosambiek in hegtenis geneem by die Maputo Internasionale Lughawe vir dwelmhandel. Promise Mpala (26) het glo dwelms in haar bagasie vervoer. AFP berig dat ʼn 38-jarige Suid-Afrikaanse vrou verlede week in Nigerië in hegtenis geneem is vir dwelmhandel. Nene Fikile Happy-girl en ʼn Nigeriër, Onyemaechi Remigus Chibuzor, is verlede week by die Lagos Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat daar tik in hulle besit gevind is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.