Drie Sassa-beamptes vas oor korrupsie

handcuffs3-320x257Drie beamptes van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) is in Piet Retief in Mpumalanga in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê die beamptes word daarvan beskuldig dat hulle vals toelae-betalingskaarte aan ‘n vrou verskaf het. Die vrou het haar as ʼn beampte van Sassa voorgedoen en begunstigdes se huise besoek op die voorwendsel dat sy hulle as begunstigdes wou verifieer. Mohlala sê die vrou het begunstigdes vir hul Sassa-kaarte en pinkodes gevra waarna sy hulle kaarte met die vals kaarte geruil het. Mohlala sê die vrou, Thembeni Nene (48), is op 6 September in hegtenis geneem en het reeds in die Piet Retief-landdroshof verskyn. Die saak is tot 1 Oktober uitgestel. Mohlala sê daar is op betalingskaarte en geboortesertifikate beslag gelê wat in die drie beamptes se kantore gevind is. Die beskuldigdes sal na verwagting vandag in die Piet Retief-landdroshof verskyn

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

a.lombard ·

Op welke kreteria word die kontrak van uit betaling aan ‘n agentskap toegeken? wat verdien die agentskap daar uit? wie is die direkteure? en hoeveel familielede is ook betrokke as werknemers?

Dikwels is daar sprake dat persone met voltydse beroepe , goed salarisse ook op een of ander wyse geregistreer is. Persone onvang toelae en werk steeds tussen deur alleenlik is die werk aangeleentheid op ‘n familie lid se naam.

Die kinder toelae is die grootste fout, alleenlik moet daar toelae wees vir min. kinders , want meisies van 12 word swanger, ontvang toelaag, terwyl die ouers vir hierdie nuwe moeder ook steeds ‘n toelaag ontvang. Die beamptes is korrupt, sommige ontvangers is korrupt…en neem kennis dat hierdie land beskik net oor 5 miljoen indivuduele belastings betalers, dan is daar Maatskappye, BTW, en paar ander minder groot belastings. Wie betaal vir die korrupsie?

Die 5 miljoen!
wat gebeur met hierdie persone die sogenaamd aangeklaag word? klein tikkie op die hand en dan weer aangestel in dieselfde diens en doen weer dieselfde soort diefstal.

As ons die hande van al die diewe. welke soort diefstal ook moet afkap in hierdie land soos in sommige Arabiese lande, dink daaraan? wie gaan werk verrig? want almal sal sonder hande wees en toelae trek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.