Drie seuns vas na moord op 25-jarige

Drie seuns is Woensdag in hegtenis geneem vir die moord op ʼn 25-jarige man van Zamdela, Sasolburg.

“Die man is naby die Kahobotjha Sekondêre Skool in Zamdela met ʼn skerp voorwerp doodgesteek,” het konstabel Peter Kareli, woordvoerder vir die polisie in die Vrystaat, gesê. ʼn Ondersoek het die drie seuns met die moord verbind. Een van die seuns is 16 en die ander twee 17 jaar oud. Hulle sal binnekort in die landdroshof in Sasolburg verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.