Drie skoolkinders doodgery

Drie skoolkinders is Maandagoggend deur ʼn bakkie in Memel doodgery. Die kinders het by ʼn winkel vir vervoer gewag toe die bakkie hulle getref het.

Volgens sersant Mmako Mophiring, ʼn polisiewoordvoerder, het die vier kinders (tussen 7 en 8 jaar oud) teen die winkel se muur gestaan.  Die bestuurder van die bakkie het glo te vinnig gery. Hy het beheer oor sy voertuig verloor en in die kinders in geploeg. Hulle liggame is deur die winkel se muur gedruk.

“Drie van die kinders is op die toneel dood verklaar. Die ander kind is ernstig beseer en in ʼn nabygeleë hospitaal opgeneem,” het Mophiring gesê.

“Die 29-jarige bestuurder beweer die bakkie se remme het onklaar geraak. Hy is op die toneel in hegtenis geneem en gaan Woensdag op aanklagtes van strafbare manslag in die Memel-distrikshof verskyn.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.