Drie skuldig na moord op akteur se pa

Pedro Camara

ʼn Voormalige 7de Laan-akteur gaan uiteindelik geregtigheid kry na die moord op sy pa amper vyf jaar gelede.

Daily Voice berig Pedro Camara, wat Carlos gespeel het in die sepie 7de Laan, tevrede is dat drie van die vier mans wat aangekla is van die moord op sy pa, Abel, skuldig bevind is. Die 69-jarige Camara is op 29 Desember 2007 doodgeskiet toe hy besig was om sy onderneming in Rawsonville toe te sluit. Ashley Manukula (22), Samora Manisi (27), Thanduxo Khohlakali (28) en Alie Mpumlo (27) is kort na die moord in hegtenis geneem. Manisi, Manukula en Mpomlu is Woensdag skuldig bevind aan moord en gewapende roof. Hulle sal in Augustus vanjaar gevonnis word. Khohlakali is onskuldig bevind op die al die aanklagte. Camara het na die hofsaak gesê: “Dit bring nie my pa terug nie. Dit was ʼn brutale en sinneloos moord…ek mis my pa verskriklik baie. Die moord was so sinneloos en barbaars…hy was ʼn weerlose ou man. Ek is bly die saak is verby….dit was hel.”

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.