Drie sterf in botsing

Argieffoto

Argieffoto

Drie mense is dood en een beseer toe twee motors Dinsdag tussen Delareyville en Geysdorp in Noordwes gebots het.

Kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, sê die bestuurders van beide motors is in die botsing dood terwyl ʼn passasier in een van die motors ook oorlede is. Sy sê die bestuurder van die Volkswagen Polo het beheer verloor oor die motor voor dit teen ʼn Toyota Yaris gebots het. “Die bestuurder en die passasier in die Yaris is op die toneel oorlede. Die passasier in die Polo het ernstige beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem.” Makau sê die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.