Drie sterf by Wanderers

Foto: Govan Whittles, EWN.

Drie mense is doodge en sewe ander beseer na ‘n skietvoorval Dinsdag by die Wanderers taxistaanplek in Johannesburg.

“Drie mense was reeds dood en twee ernstig gewond toe paramedici opdaag,” het Chris Botha, woordvoerder vir Netcare911 gesê. Een persoon was in ‘n stabiele toestand terwyl ander geringe beserings opgedoen het.

Maroela Media het vroeër berig die skietery hou moontlik verband met taxigeweld. Volgens kaptein Pinky Tsinyane, woordvoerder van die polisie in Gauteng, ondersoek die polisie ‘n saak van moord. Luidens ‘n SAUK-berig was een van die mans wat doodgeskiet is ‘n omstander.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

In ‘n ander voorval Dinsdag is ‘n taxibestuurder in Vosloorus langs sy taxi doodgeskiet. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.