Drie sterf in Bloem-ongeluk

Drie mense is dood en drie is ernstig beseer nadat ʼn voertuig en ʼn minibustaxi Dinsdagoggend in Bloemfontein gebots het.

“Die ongeluk het omstreeks 08:00 op Dr. Belscherweg plaasgevind,” het Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, gesê.

“Drie mense is op die toneel dood verklaar. Een persoon het kritieke beserings opgedoen en twee mense is ernstig beseer.” Steinmann het aan Maroela Media gesê dit is in die stadium nog nie bekend in watter voertuig die oorledenes gereis het nie.

Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na verskeie nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.