Drie sterf in bootongeluk

Bronkhorstspruitdam. Foto: www.dwa.gov.za

ʼn 42-jarige man en twee jeugdiges is dood na ‘n bootongeluk Maandag op die Bronkhorstspruitdam.

RSG berig dat die man en twee jeugdiges, onderskeidelik 16 en 17 jaar oud, dood is nadat die bestuurder van die boot glo skerp gedraai en beheer verloor het. Twee ander passasiers op die boot is uit die water gered. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek. Intussen het ʼn agtjarige meisie Maandagmiddag in ʼn dam buite Potchefstroom verdrink. ʼn Woordvoerder van ER24, Derrick Banks, sê die meisie se familie het sonder sukses probeer om haar aan die lewe te hou. Sy is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.