Drie sterf in botsing op N1

Drie mense is Woensdagoggend dood na ʼn botsing op die N1 buite Bloemfontein in die Vrystaat.

Volgens ER24 was ʼn vragmotor, Mazda MX6 en ʼn Opel Corsa bakkie vanoggend in ʼn botsing betrokke naby die Brandfort-afrit. Die Mazda het na bewering agter in die vragmotor vasgery en het glo weens die impak in aankomende verkeer beland. Die Corsa bakkie het in die teenoorgestelde rigting gery en teen die Mazda gebots. Die drie insittendes van die Mazda is op die toneel dood verklaar. Twee van die insittendes is uit die wrak geslinger. Die liggaam van die derde insittende moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.