Drie sterf in Brakpan-ongeluk

Drie mense is dood en talle beseer na ʼn ongeluk Sondagaand op die R104-pad naby Albertonweg in Brakpan, Gauteng, plaasgevind het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê ʼn minibustaxi en ʼn voertuig was in die botsing betrokke. “Drie mense is op slag dood en sowat 13 ander is beseer,” het Steinmann gesê.

“ʼn Seuntjie het kritieke beserings opgedoen en moes met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem word vir verdere behandeling. Nog ʼn persoon het kritieke beserings opgedoen, die res het ernstige na matige beserings opgedoen,” het Steinmann gesê. Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na verskeie hospitale in die gebied geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.