Drie mense, insluitend ‘n kleuter, is dood toe hul plakkershuis in Leratopark, Roodepan, Sondagoggend aan die brand geslaan het.
“Die eienaar van die plakkershuis sê hy was by sy buurman toe die brand die huis verwoes het,” het lt. Andrea Cloete, woordvoerder van die polisie in die Noord-Kaap, gesê. Die man se 34-jarige vriendin, hul driejarige dogter en die vriendin se 62-jarige ma het in die brand omgekom.
Volgens Cloete sal ‘n geregtelike doodsondersoek gedoen word.