Drie sterf in Fochville-aanval

Drie mense is dood en talle gewond toe ‘n groep mans inwoners oënskynlik willekeurig in Fochville, Merafong, aangeval het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini sê die aanval het Saterdag omstreeks 19:00 plaasgevind. “Na bewering het die groep mans na verskeie dele van die informele nedersetting beweeg en inwoners aangeval. In een gedeelte is vyf huise aan die brand gesteek en een persoon doodgeskiet. Die groep het toe na ‘n ander gedeelte beweeg waar hulle mense in ‘n shebeen aangeval het,” het Dlamini gesê. Volgens Dlamini het die mans skote gevuur en twee mense is in die shebeen dood. Ten minste ses ander is met ernstige beserings na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.

Die polisie probeer tans die slagoffers identifiseer. “Die polisie het ooggetuies ondervra om sodoende die slagoffers te identifiseer en die motief vir die aanval vas te stel,” het hy gesê. Die motief vir die aanval is nog onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.