Drie sterf in Gauteng-botsing

Foto: ER24

Drie mense is dood en 12 beseer nadat twee minibustaxi’s Maandag reg van voor naby Midrand teen mekaar gebots het.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, sê die botsing het op die R55-pad in Olievenhoutbosch plaasgevind.

“Albei die voertuie het erge skade opgedoen en dit was vir paramedici moeilik om die insittendes in die wrakke te behandel,” het Jackson gesê.

“ʼn Vrou, wat albei haar bene gebreek het, was agter die taxibestuurder se sitplek vasgekeer. Die taxibestuurder is een van die drie slagoffers wat op slag dood is. Paramedici het alles probeer om die vrou te stabiliseer in die beperkte spasie wat hulle gehad het. Vier passasiers was langs en agter die vrou vasgekeer,” het Jackson bygevoeg. Na almal uit die taxi gesny is, is die vrou is met ʼn helikopter na die hospitaal geneem.

Die twaalf passasiers wat beseer is, het tussen matige en ernstige beserings opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.