Drie sterf in Gauteng-botsing

Drie mense is Saterdag in die vroeë oggendure dood en een beseer nadat die voertuig waarin hul gery het, verskeie kere gerol het.

Inspekteur Kobeli Mokheseng, ʼn polisiewoordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, sê die ongeluk het in Blackreefweg in Wadeville plaasgevind.

“Dit wil voorkom of die Opel Corsa waarin die mense gery het, se voorwiel om ʼn skerp draai afgekom het. Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor en dit het verskeie kere gerol. Van die insittendes is uit die voertuig geslinger. Die voertuig het op een persoon se liggaam geland,” het Moheseng gesê.

Volgens Mokheseng is twee mans en ʼn vrou op die toneel dood verklaar. ʼn Man, in sy veertigs, is met ernstige beserings na die Natalspruit-hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.