Drie sterf in Gauteng

Foto: ER24

Drie mense is dood nadat twee voertuie Saterdag in Gauteng reg van voor teen mekaar gebots het.

Volgens Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, het die ongeluk op die R23-pad tussen Heidelberg en Standerton plaasgevind.

“ʼn VW Golf en ʼn Nissan sportnutsvoertuig was in die botsing betrokke. Drie insittendes van die Golf was opslag dood. Hul liggame moes uit die wrak gesny word,” het Banks gesê. “Die Nissan se insittendes is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Volgens Banks wil dit voorkom of die ongeluk weens swak sigbaarheid veroorsaak is. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.