Drie sterf in gru-botsing op N1

Foto: @CapeTownTraffic

Drie mense is Woensdagaand dood in ʼn gru-ongeluk op die N1 rigting Kaapstad naby die Plattekloof-brug.

ʼn Woordvoerder van ER24, Werner Vermaak, sê ʼn Toyota Corolla en ʼn Citi Golf het teen mekaar gebots. ʼn Man is uit die Golf geslinger en het meters ver van die motor gelê. Hy het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Drie ander insittendes was in die wrak van dié motor vasgekeer. Twee mans in die wrak het ernstige beserings opgedoen en is ook die toneel dood verklaar. ʼn Vrou in die wrak was ernstig beseer en is met meganiese toerusting uit die wrak verwyder. Volgens omstanders het die bestuurder van die Golf beheer verloor na die botsing en het die motor verskeie kere gerol. Niemand in die Corolla is beseer nie. Die oorledenes was almal glo in hul laat 20’s. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.