Drie mense is dood nadat twee motors Saterdagaand in Ennerdale, suid van Johannesburg, gebots het.
Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, sê die slagoffers was vasgekeer en moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word. “Al drie mense is op die toneel dood verklaar.” Mulaudzi sê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en dat die owerhede ondersoek instel. “Ons doen ʼn beroep op motoriste om waaksaam te wees op die paaie en mekaar ʼn kans te gee om verby te steek wanneer dit veilig is.”